BLOU Notas
BLUE Notes
3rd October, 2010
Jan Oberholzer
ex Blue Bulls captain
Voordat ek begin kritiseer wil ek net ons Blou Bulle gelukwens met hul wen oor die WP en ook
met hul verstewiging van hul posisie in die top vier op die puntelys.

Nou my kritiek. Hoe is dit moonlik dat ons vir 40 minute lank die ou uitgediende “hoogskop en
storm taktiek” gebruik deur een hoogskop na die ander te skop en elke keer gee ons aan WP ‘n
bonusbal wat hul nie verdien het nie.  Nadat ons Bulle hulle 19de hoogskop net voor rustyd
geskop het, het ek my frustasie luidkeels uitgespreek oor hierdie ongelooflike  taktiek.

‘n Ondersteuner voor my het my dadelik geantwoord dat ek nie rugby ken nie en dat hierdie
hoogskop taktiek deur ons Bulle gebruik word om die WP sag maak.
Wel miskien is hy reg, maar wat hy nie besef nie is dat die bonuspunt wat ons nie gekry het vir
vier drieë ons ‘n tuis semi-finaal gekos het en as ons in die eerste helfte gespeel het met
dieselfde taktiek as die tweede helfte dan het ons hierdie ”overrated” WP met meer as twintig
punte geklop en met ‘n bonuspunt van die veld afgestap.

Die Cheetahs is nou derde op die puntelys en as hul Saterdag wen en ons klop die Griekwas,
dan is hul nog bo ons met hul positiewe punteverskil van 43 punte. As  Province verloor teen die
Sharks, dan het die Cheetahs die tuis semi-finaal wat ons moes gehad het as ons Saterdag die
regte taktiek gevolg het.

Verder is ek nie bereid om Loftus toe te gaan en na hoogskoppe te gaan kyk nie. Dit lyk of baie
van ons ondersteuners my ondersteun, want hulle gaan net nie meer Loftus toe nie. As mens al
die WP ondersteuners wat Saterdag op Loftus aftrek dan bly daar net ‘n handjievol Blou
ondersteuners oor en dit is iets om oor bekommerd te raak.

Saterdag is Matfield en sy Bok maats terug in ons Blou Bulspan en ons almal hoop dat hul
“magic” ons Bulle gaan aanspoor tot groot hoogtes, maar ons moet besef dat hul lanklaas
gespeel het en dat hul verroes kan voorkom en ons weet ons mag nie teen Griekwas verloor nie.
Wat my nog meer bekommer is dat Kimberley een van ons gelukkigste jagvelde is nie.

Wat my die meeste bekommerd is dat ons O/21 en O/19 spanne altwee teen die WP se
jongspanne verloor het. Die verloor is nie vir my so belangrik soos die tipe rugby wat ons speel
nie. Dit was stampkar rugby op sy beste en al het hul manne oor aan die buitekant, sal die
baldraer nog sy kop afsit en in die verdedigers vas hardloop en dit in ‘n era van moderne rugby.

Daar wil SARugby toe al Piet Snorre se adjudante die trekpas gee en ons moet aanvaar dat dat
hul meen dat hy in hul oë alleen goed presteer het. Dit is mos suiwer snert want die eerste man
wat jy die trekpas gee is die man in beheer. Al wat ek kan sê is behoed ons arme Springbokke by
die Wêreldbeker.

Iemand vertel my dat een ding wat Piet Snorre nog skitterend regkry is om die nasie te verenig,
want almal stem saam dat hy ‘n grootbek windbal is.

Wees gegroet ou grote.
Only for BLUE BLOODED people
BLUE BLOODED
HOME
EMAIL US
BULLSClub
SUPPORTERS
PLAYERS PROFILES
CONTACT US
SUPER 14 FIXTURES
Vodacom Super 14 Champions 2009
Supporters / Ondersteuners
WEB